Worthy Women 2026
al die afslag op
EEN PLEK

Hier is al die verskaffers wat by die WWC was, met Gretha se eie woorde oor elkeen. Gebruik die koepon-kode WWC, tensy anders genoem.

Jou afslag-koepon
WWC
BELANGRIK

📚 Het jy by die WWC ’n aanlyn kursus gekoop?

Volg asb hierdie 3 stappe sodat ons jou kursus kan laai:

  1. 1Gaan na www.grethawiid.co.za
  2. 2Klik op “My profiel”
  3. 3Blaai af en registreer met die e-posadres wat jy op die besprekingsvorm ingevul het, en skep ’n wagwoord vir jou profiel.
⚠️ AS JY VERGEET OM TE REGISTREER, KAN MY KANTOOR NIE JOU KURSUS LAAI NIE.

My kantoor hanteer jou voltooide vorm en laai jou kursusse onder jou naam nádat jy geregistreer het. Vanaf min of meer 30 Oktober kan jy op die webblad inteken en jou kursusse ’n hele jaar lank kyk.

Registreer nou

Vrae of vashaak? 079 499 9989 of info@grethawiid.co.za. Ons help graag!

Kies jou kategorie

Wys al 36 verskaffers

🌿 Gesondheid en welstand

Vir jou lyf en jou limf

Stuur hierdie groep na my WhatsApp
GRETHA10
Bounti (The Lisa Raleigh Group)
Tik op die prent om groot te sien

Bounti (The Lisa Raleigh Group)

Gretha sê:

Gurrrrrl, bederf jouself. Jou limf gaan jou bedank! Doen gerus jou eie navorsing om te sien watter verskil ’n rebounder in jou lewe kan maak! Bounti is trots Suid-Afrikaans, en word wêreldwyd versend omdat hulle kwaliteit só goed is!

10% afslag op die bounti Deluxe Rebounders en die bounti Lymphercizer.
Geldig tot 30 November 2026
WWC
Myrrh Beauty & Wellness
Tik op die prent om groot te sien

Myrrh Beauty & Wellness

Gretha sê:

As jy hulle olies of diffusers misgeloop het by die WWC, hier is hulle lekker afslag nou!

10% afslag op hulle salfolies.
Geldig tot 31 Oktober 2026Loop binnekort uit
WWC
Perfect Feet
Tik op die prent om groot te sien

Perfect Feet

Gretha sê:

Perfect Feet se heerlike voetrome, lyfroom en alles vir jou cuticles is op afslag tot 31 Oktober. Trust me, your heels and body will thank you!

Afslag op hulle voetrome, lyfroom en cuticle-produkte.
Geldig tot 31 Oktober 2026Loop binnekort uit
The Exodus Experience
Tik op die prent om groot te sien

The Exodus Experience

Gretha sê:

As jy nou nog nie weet dat jy nie die media en mense se kommentaar moet vertrou nie, dan weet ek wraggies nie. Hierdie 40 dae Exodus-program (The Exodus Experience) van Lechi van Rooyen en Alette Winckler, Heinz se vrou, het genuine al duisende vroue se lewe letterlik ge-reset! Gaan kyk op hulle sosiale blaaie en sien self. Jou deurbraak is dalk om die draai vanaf 22 Oktober!

Die laaste 40-dag program vir 2026 begin 22 Oktober. Registrasie sluit 3 dae vooraf.
Registreer voor 19 Oktober 2026Aanbod verval

💎 Juwele, mode en mooi goed

Vir die vrou wat van mooi goed hou

Stuur hierdie groep na my WhatsApp
Yatzar Collection
Tik op die prent om groot te sien

Yatzar Collection

Gretha sê:

Ek dra hierdie juwele byna elke dag! Dis 14 CT gold plated stainless steel, dis m.a.w. nie daardie vreeslike geel juwele wat jy nou oral kry nie. Dit is bestand teen water, parfuum, sweet en selfs my velsorgprodukte. Loer gerus na hulle katalogus.

Waterdig, sweetbestand, verkleur nie en bestand teen parfuum.
WWC
Love, Lolla en RS Sunglasses (Rolene Strauss)
Tik op die prent om groot te sien

Love, Lolla en RS Sunglasses (Rolene Strauss)

Gretha sê:

Ons almal ken die mooi Rolene Strauss, maar ken jy haar wonderlike produkte (sonbrille en skryfprodukte)? Indien nie, kyk hierna. Dis só mooi en uniek!

R500 af op ’n paar RS-sonbrille, en 10% af by Love, Lolla (geloofsvolle skryfbehoeftes).
Geldig tot 31 Oktober 2026Loop binnekort uit
WWC
Pretty Pizaz
Tik op die prent om groot te sien

Pretty Pizaz

Gretha sê:

Hier is ’n klomp lekker goed om te koop. Ek word gereeld bederf met hulle juwele, serpe, grimering en lekkertes. Besoek hulle en sien self.

10% afslag op Golden Rose-produkte bo R500.
WWC
Naturally Diamonds
Tik op die prent om groot te sien

Naturally Diamonds

Gretha sê:

Diamonds are a girl’s best friend. Jy sal verbaas wees oor hoe goedkoop jy hier gaan regkom. Bêre hulle nommer of detail vir die toekoms!

30% af op ronde lab-grown diamant-oorkrabbers in geel of wit goud.
Geldig tot 15 Desember 2026
WWC
House of Maria
Tik op die prent om groot te sien

House of Maria

Gretha sê:

Kyk net die lekker afslag! House of Maria se skilderye en prints kan nie wag om in jou huis te hang nie!

25% afslag op alle papier- en canvasprints. Kies “WWC” in die kieslys op hulle webwerf.
Geldig tot 21 Oktober 2026Aanbod verval

🍴 Huis, kos en kuier

Vir jou kombuis en jou huis

Stuur hierdie groep na my WhatsApp
WWC
Argilla Pottery
Tik op die prent om groot te sien

Argilla Pottery

Gretha sê:

Argilla se bakke maak letterlik alle kos lekkerder. Jy sal nie spyt wees as jy jou kos hierin begin voorberei nie.

Met elke aanlyn- of WhatsApp-bestelling kry jy 10% van die aankoopwaarde terug in gratis Argilla-produkte van jou keuse.
Geldig tot 31 Oktober 2026Loop binnekort uit
WWC
Klein Oes Fynproewer Produkte
Tik op die prent om groot te sien

Klein Oes Fynproewer Produkte

Gretha sê:

Hierdie is nou ’n mens wat ek enige dag sal ondersteun! Die lekkerste konfyte en strope. En wow, hulle gaan die ekstra myl!

10% afslag op aanlyn- en WhatsApp-bestellings.
Geldig tot 31 Desember 2026
WWC
Gingham Handmade Ceramics
Tik op die prent om groot te sien

Gingham Handmade Ceramics

Gretha sê:

Jy kry pottery en dan kry jy Gingham Pottery. As jy nie by hulle stalletjie was nie, moet jy asb nou na hulle mooi goed kyk. Dis genuine so mooi en regtig uniek.

25% af op alle aankope.
Geldig tot 31 Desember 2026
Suurdeeg Meisie
Tik op die prent om groot te sien

Suurdeeg Meisie

Gretha sê:

Wie wil leer om met suurdeeg te bak? Hierdie is jou kans! Kry die Suurdeeg Meisie se produkte, and the job is done!

Sy Belofte-boks vir net R585 (was R650): bespaar 10% op voorafbestellings.
Bestel 13 Oktober tot 10 November
WWC
Luka Collection
Tik op die prent om groot te sien

Luka Collection

Gretha sê:

Unieke seep en ander mooi produkte. Luka se Collection gaan jy nie in ’n winkel kry nie!

Die gewilde dekoratiewe seepballe vir net R160. Koerier beskikbaar.
Geldig tot 30 November 2026
WWC
Paradise Found Candles
Tik op die prent om groot te sien

Paradise Found Candles

Gretha sê:

Kerse vir al jou behoeftes! Dit is mooi, ruik so lekker, brand lank en is baie billik geprys!

20% afslag op jou gunsteling kers. WhatsApp “WWC” en jou naam, dan stuur hulle vir jou ’n katalogus.
Geldig tot 31 Oktober 2026Loop binnekort uit
Leliefd
Tik op die prent om groot te sien

Leliefd

Gretha sê:

Leliefd, die mooi kleurvolle tafeldoeke en handsakke. Jy gaan mal wees oor hulle goed. Kunstig, uniek en bitter mooi gedoen!

Bekendstellingspesiaal: tafeldoeke vanaf R600, fleece-kombers R400, Karlienke-sak R400 en Blessing-sak R500.

💄 Skoonheid en velsorg

Vir jou vel, hare en naels

Stuur hierdie groep na my WhatsApp
WWC
Hair & Beauty Warehouse
Tik op die prent om groot te sien

Hair & Beauty Warehouse

Gretha sê:

Al jou gunsteling haarprodukte teen ongelooflike afslag. Hierdie is mal lekker!

20% af op die aanbevole verkoopprys. Montana (242 Enkeldoorn Ave) en Centurion (Doringkloof Shopping Centre).
Einde Desember 2026
WWC
Angelique Cosmetics
Tik op die prent om groot te sien

Angelique Cosmetics

Gretha sê:

Jip, hierdie is daardie lipstain wat hou en hou en hou en hou. Dis regtig ’n produk waarna jy kan kyk!

20% af as jy R650 of meer spandeer.
Geldig tot 31 Oktober 2026Loop binnekort uit
WWC
Lasting Impressions (Paula Becker)
Tik op die prent om groot te sien

Lasting Impressions (Paula Becker)

Gretha sê:

Whoohoo! Jy kan nog afslag kry as jy jou permanente grimering wil laat doen. Lippe, wenkbroue en oogomlyner: Paula Becker se werk is in ’n klas van haar eie!

15% afslag. Noem “WWC” wanneer jy bespreek. 23 18th Street, Menlo Park, Pretoria.
Geldig tot 31 Januarie 2027
WWC
Monise Beauty
Tik op die prent om groot te sien

Monise Beauty

Gretha sê:

Terwyl jy alles mooi maak, kry sommer langer wimpers en voller brows ook. Hierdie produk werk regtig!!!

15% af op LASHOUT en BROWOUT.
Geldig tot 31 Desember 2026
Nuskinnovation
Tik op die prent om groot te sien

Nuskinnovation

Gretha sê:

Scan die QR-kode en kry R500 afslag vir jou laserbehandeling by Nuskinnovation se takke. Daar is baie takke regoor die land! Ek doen al my laserbehandeling by hulle, al my facials en allerhande ander lekker goodies.

R500 af op laserbehandeling by enige van hulle 11 takke landwyd.
pH Formula
Tik op die prent om groot te sien

pH Formula

Gretha sê:

Ek gebruik pH Formula! Wat ’n produk! Scan gerus en loer vir jouself. Dis die beste produk wat ek nog ooit gebruik het vir pigmentasie en veroudering!

Beskikbaar by al 11 Nuskinnovation-takke landwyd.
SkinPhD
Tik op die prent om groot te sien

SkinPhD

Gretha sê:

SkinPhD het Beste in Pretoria gewen in 11 kategorieë. Naels, hare, velsorg, voete: ’n eenstop-ervaring. Jy gaan op die hande gedra word!

Takke in Brooklyn, Eldo, Kolonnade, Lynnwood, Mall@Reds, Moreleta, Olympus, Queenswood, Waterfall, Zambesi en George.
Tonality (Lana Joubert)
Tik op die prent om groot te sien

Tonality (Lana Joubert)

Gretha sê:

Lana Joubert is na my mening die beste makeover specialist wat ek ken. Haar gawe, haar kennis en haar mooiste hart! Sjoe, sy maak die vroue nie net mooi nie, sy dop hulle sommer heeltemal om sodat hulle nuut lyk en skielik blom! Loer gerus op haar webtuiste of bel haar.

JY SAL NOOIT WEER DIESELFDE LYK, AANTREK, GRIMEER OF SELFS NA JOUSELF KYK NIE. BEL HAAR!

Makeovers, grimering en styl deur Lana Joubert.

📚 Boeke en geskenke

Vir jou hart, jou dogter en jou kinders

Stuur hierdie groep na my WhatsApp
Steady in the Storm (Lilla Lilly)
Tik op die prent om groot te sien

Steady in the Storm (Lilla Lilly)

Gretha sê:

Vir almal wat al in verhoudings gestaan het, of steeds is, met iemand wat narsissisties is: hierdie is ’n volledige boek met nie net inligting en raad nie, maar met ware getuienisse en ’n hele werkboek om self vry te kom en te genees.

Boek en volledige werkboek, R550. WhatsApp jou bestelling, naam en bewys van betaling.
Goed Genoeg (Gerridene Berg)
Tik op die prent om groot te sien

Goed Genoeg (Gerridene Berg)

Gretha sê:

Gerridene is so amazing soos haar boek. Die terugvoer van vroue oor ‘Goed Genoeg’ behoort vir jou ’n goeie rede te wees om dit vir iemand te wil gee as geskenk, of self te lees as jy nog nie het nie.

Kry jou eksemplaar by Exclusive Books, CUM Books en Graffiti, of aanlyn.
Geroep! vir die werksplek (Jenna-Leigh Bilong)
Tik op die prent om groot te sien

Geroep! vir die werksplek (Jenna-Leigh Bilong)

Gretha sê:

Julle ken vir Jenna-Leigh van TV-nuus af, maar het jy geweet wat ’n fantastiese spreker en skrywer sy is? Hierdie boek is vir elke vrou wat iewers in die werkplek staan. Jou bediening is daar, al is jou worstelstryd ook soms daar. Jenna-Leigh is wys, reguit en super ervare (en uitverkoop aan die Here).

“Jy bou nie net aan ’n loopbaan nie. Jy bou aan God se Koninkryk.”
WWC
Zoë Bederfboks
Tik op die prent om groot te sien

Zoë Bederfboks

Gretha sê:

Zoë Bederfboks gaan jou dogter se hart raak! Daar is allerhande goodies in om haar te help met haar menstruele reis. So mooi verpak en net reg vir ’n jong meisie!

10% afslag as jy aanlyn bestel.
Geldig tot 30 Oktober 2026Loop binnekort uit
WWC
Elah Kids
Tik op die prent om groot te sien

Elah Kids

Gretha sê:

Karlien van Jaarsveld se kinderreeks, Elah Kids, maak alles van hare was tot uitkam makliker. Dan is dit nog so mooi ook!

10% af by checkout.
Geldig tot 31 Oktober 2026Loop binnekort uit

🎈 Geleenthede en dienste

Vir jou volgende partytjie en jou huis

Stuur hierdie groep na my WhatsApp
WWC2026
My Party Box SA
Tik op die prent om groot te sien

My Party Box SA

Gretha sê:

Het jy ’n funksie of partytjie waarvoor jy mooi ballonversierings nodig het? My Party Box SA was verantwoordelik vir die WWC se mooi verhoog. Hulle mag maar!

5% af op enige ballon-installasie bo R2 200 in Gauteng (aflewering en installasie uitgesluit).
WWC2026
Lampyrida Lights
Tik op die prent om groot te sien

Lampyrida Lights

Gretha sê:

Die groot ‘WWC’-letters op die verhoog was die werk en produk van Lampyrida Lights. Sy het elke letter en ding waaraan jy kan dink om jou geleentheid ekstra spesiaal te maak.

Bespreek 3 marquee-letters, -syfers of -simbole en kry een marquee-lig gratis.
Geldig tot 14 April 2027
Cuttin Paper (Claire)
Tik op die prent om groot te sien

Cuttin Paper (Claire)

Gretha sê:

Die mooi blomme op die verhoog was die handewerk van Claire. Joh, sy het die mooiste blomme wat jy kan huur. Ek weet nie of ek ooit weer ’n WWC sal kan doen sonder hierdie pragtige blomme nie!

Reuse papierblomme om te huur of te koop, vir troues, babatees, fotosessies en geleenthede.
Cozy Yarn
Tik op die prent om groot te sien

Cozy Yarn

Gretha sê:

Hierdie kan ’n baie lekker uitstappie wees vir jou en ’n vriendin of dogter. Charmain is ’n great mens en kyk, sy kán hekel!

Een gratis basiese hekelklas (waarde R150), net vir WWC-vroue. Etienne Lewis Lifestyle Centre, Montana Park.
Bespreek voor 31 Desember 2026
2Dry4 Cleaning
Tik op die prent om groot te sien

2Dry4 Cleaning

Gretha sê:

Die heel, heel, heel beste ouens in die bedryf (and I’ve tried many!). Hulle diens is buitengewoon goed en jou matte is nooit weer dieselfde nie. Hulle gebruik ’n droë metode, wat beteken dat jou matte nie nat word nie. Perfek vir selfs reënerige dae en die koue dae in die winter.

10% af op skoonmaak (besprekings van R2 500 en meer, Mei tot Augustus 2027) en 5% af op Sebo-stofsuiers (tot Desember 2026).

Kom kuier saam met Gretha

Gretha se eie wegbreek, toere en die WWC in die Kaap

Vroue-wegbreek by Fossil Hills
Tik op die prent om groot te sien

Vroue-wegbreek by Fossil Hills

Gretha sê:

Kom stap saam met my tussen 15 en 18 Maart 2027. Hierdie is die mooiste mooi en die lekkerste lekker! Jy maak tyd vir almal… nou is dit jou beurt. Kom haal asem by Fossil Hills, stap in die natuur en geniet kosbare tyd saam met vriendinne.

3 dae van rus en herlaai net buite Robertson: verblyf, alle etes, gin-proe, wynproe en meer.
Geldig tot 15 tot 18 Maart 2027
Droom Reise met Gretha
Tik op die prent om groot te sien

Droom Reise met Gretha

Gretha sê:

Ek sal ’n aparte WhatsApp stuur met die detail hiervoor. Hou gerus ook my sosiale blaaie dop. Ons gaan hierdie plekke omkeer, rooi verf en laat lewe met ons kuiers!

Junie / Julie 2027 saam met JOY! Tours: Turkye (7 Kerke van Openbaring) en Griekeland (Voetspore van Paulus bootreis).
Worthy Women Kaap
Tik op die prent om groot te sien

Worthy Women Kaap

Gretha sê:

Laat weet jou vriendinne. Op 7 November is dit die Kaap se beurt vir ’n WWC!

Saterdag 7 November 2026, Missio Dei Ouditorium, Bellville.